Projekte vir 2018, Noorderkruis-wyk

Barmhartigheid
1.1 Wolmussies (beanies) vir voorskoolse kinders – Flamingo Creche in Wittedrift.
1.2 Wolmussies (beanies) vir voorskoolse kinders – Kurland Creche in The Crags.
1.3 Truitjies vir voorskoolse kinders (3, 4, 5 jaar oud) – Flamingo Creche in Wittedrift.
1.4 Truitjies vir voorskoolse kinders (3, 4, 5 jaar oud) – Kurland Creche in The Crags.
1.5 Soppakkies vir bejaardes – Green Valley-gemeenskap, Wittedrift.
1.6 Soppakkies vir bejaardes – Kurland-gemeenskap, The Crags.
1.5 Serpe vir bejaardes – Green Valley-gemeenskap, Wittedrift.
1.6 Serpe vir bejaardes – Kurland-gemeenskap, The Crags.
1.7 Nood-kospakkies vir gesinne in Wittedrift

1.8 Early Childhood Development:

Hierdie is ’n nuwe projek wat die gemeente in samewerking met die provinsiale kliniek in Plettenbergbaai begin het. Dit is daarop gerig om verwagtende vroue in Bossiesgif en Qolweni by ’n 1,000 dae projek in te skakel.

Die 1,000 dae sluit die nege maande van swangerskap tot en met ongeveer die 25ste maand na geboorte in. Die projek is nog in die beplanningsfase. Ons wag vir die kliniek om die eerste datum van uitreik bekend te maak.
 

Nood-kospakkie Items:

Enige van die volgende items is welkom:
 

Stysel
Mieliemeel,
Oats-pap,
Stampmielies,
Rys,
Aartappels (“Smash”),
Suikerbone,
Lensies,
Macaroni of spaghetti

Suiwel
Melk (1 liter kartonne),
Poeiermelk (nie koffieverromer nie)
Groente (nie bederfbaar – blikkies)
Tamatie-en-uie,
Groenbone,
Soetmielies,
Sousbone,
Gemengde groente

Proteïne (nie bederfbaar – blikkies of pakkies)
Boeliebeef,
Tuna,
Pilchards,
Chakalaka,
Soya,
Grondboontjiebotter
Olies
Kookolie
 
Ander
Sout,
Geurblokkies (bees, hoender)

Toiletware
Toiletpapier,
Tandepasta,
Seep,
Sjampoo,


Jeugbediening

2.1 Kinderkrans
Die gemeente bied elke week Kinderkransgroepe aan vir vier klasse van die laerskoolafdeling van die Hoërskool Wittedrift. Dit is aan alle kinders tussen die ouderdomme graad 1 tot 7. Enige bemoedigende geskenkies, byvoorbeeld: boekmerke, kaartjies vir eksamentyd, potlode, liniale, ensovoorts, sal waardeer word. Indien iemand hulself beskikbaar wil stel om ’n groepie te neem, sal dit ook waardeer word.

2.2 Sondagskool [reeds gevul]
Dit word op ’n sekere aantal Sondae ná die erediens aangebied. Die gemeente het ’n behoefte aan iemand om veral ’n voorskoolse/graad 1-groepie te begelei.

2.3 Tieners
Geloofsbegeleiding word op ’n sekere aantal Sondae ná die erediens vir tieners (graad 7 tot 10) aangebied. Daar is ’n behoefte aan twee volwasse gelowiges om elk ’n groepie tieners te neem.

2.4 Dennis Blaauw se bediening
Die gemeente wil graag betrokke raak die werk van ’n jongman in Green Valley, Wittedrift. Dennis het ’n nie-winsgewende organisasie tot stand gebring, waardeur hy veral jong manne in die gemeenskap met sport en motiveringspraatjies van die verleiding van dwelms en drank probeer weghou. Die gemeente benodig een of twee volwasse gelowiges (verkieslik manlik) om as die gemeente se verteenwoordigers en kontakpersone in hierdie verband op te tree.

Rentmeesterskap

3.1 Instandhoudingswerke
Die gemeente stel graag ’n lys beskikbaar van kleiner instandhoudingswerke, indien medegelowiges wil onderneem om dit te doen (lys aangeheg).

3.2 Gordyne in die kerksaal
Die gemeente benodig iemand (of meer as een persoon) om ’n projek te loods wat fondse sal inwin vir die vervanging van die stukkende gordyne in die kerksaal. Daar is agt dubbel vensters, sowel as twee klein deurvensters.

3.3 Skutgordyne op verhoog
Die gemeente benodig iemand (of meer as een persoon) om ’n projek te loods wat fondse sal inwin vir die vervanging van die verweerde skutgordyne op die verhoog in die kerksaal. Daar is vier vollengte wit gordyne, sowel as een lang gordyn wat die agterste muur dek.

3.4 Gordyne in die kerksaal se kombuis [Reeds gevul]
Die gemeente benodig iemand (of meer as een persoon) om ’n projek te loods wat fondse sal inwin vir die aanbring van gordyne in die kerksaal se kombuis. Daar is vier enkel vensters.

3.5 Afdroogdoeke
Die kerksaal se kombuis het nuwe opwaslappies en afdroogdoeke baie nodig.

3.6 Eetservies
Daar word iemand (of meer as een persoon) benodig om op die gemeente se rekening die aanvulling van die eetservies (ook eetgerei) weens breekskade of verlies, te hanteer.

3.7 Stoele in kerksaal
Die gemeente benodig iemand (of meer as een persoon) om ’n projek te loods wat fondse sal inwin vir die vervanging van die stoele in die kerksaal. Daar is ’n behoefte aan ten minste 180 stoele.

Instandhouding

Kerksaal
1. Verwydering van die dooie denneboom voor die kerksaal.
2. Verf van vier hekpilare voor die kerksaal.
3. Vervanging (op gemeentekoste) van die drie gewone (buite) deurslotte in kerksaal.
4. Herstel en verf van krake by stoep.
5. Skoonmaak van mure op stoep.
6. Aanspreek van vlermuisprobleem op kerksaal se plafon, sowel as die deursyfer van vlermuismis.
7. Verwydering van alle spykers en reste teen binnemure van saal.
8. Herstel van lekplek aan kombuiskraan.
9. Nagaan en herstel van laaie in kombuis wat nie gemaklik oop- en toemaak nie.

Kerkgebou
1. Verwydering van rommel (boomstompe en -reste) vanaf parkeerarea oorkant die kerkgebou (Kerkstraat-kant).
2. Snoei van bome aan Kerkstraat-kant, ten einde meer en beter parkering op Sondae te lewer.
3. Herstel van gate in die kerkgebou se omheining.
4. Verf van die voorstoep (grys) teen koste van gemeente.
5. Restourasie van kennisgewingbord (buite), of die daarstelling van ’n alternatief.
6. Die aanbring van ’n naambord by die kerkgebou (koste van gemeente).
7. Die restourasie van die Gelofte-monument, veral die vasgom van die los teëls.
8. Die verf van die kerkklok (swart, asseblief).
9. Herstel van verrotte bankie onder boom by hoofingang van kerkgebou, of die verwydering daarvan indien dit nie herstelbaar is nie.
10. Die skep van ’n roostuin by die kerkgebou – asook die aanplant van agt geskenkte roosbome.
11. Die vestiging van spekbome op die kerkterrein.
12. Uitplant van inheemse bome wat in kerktuin opgekom het.
13. Snoei van krismisrose.
14. Die verwydering van alle indringerbome en -struike vanaf die kerkterrein (wel, binne perke).
15. Die verwydering van twee historiese lamppale op die kerkgebou se terrein (waarskynlik in oorleg met die munisipaliteit).
16. Verwydering van boomreste en ander organiese rommel vanaf die onbeboude kerkerf agter die kerkgebou.
17. Elke derde Sondag word 20 standaard wit kerse in die erediens benodig. Die gemeente begroot nie om dit aan te koop nie, dus sal skenkings opreg waardeer word.

Pastorie
1. Die skep van ’n beter/nuwe wasgoedlyn.
2. Die verkryging van tweedehandse 200 liter dromme vir die Plaasbasaar (die huidige stel het deurgeroes).

4. Gasvryheid- en deernisbediening
4.1 Die gemeente benodig vrywilligers wat een keer per maand tee/koffie na die diens sal bedien. Hierdie persoon/persone sal verantwoordelik wees vir die beplanning en uitvoering van die projek. Die gemeente beskik oor ketels, koppies en pierings. [Reeds gevul]
4.2 Die gemeente het ’n behoefte aan mense wat na ouer mense kan uitreik. Sodanige uitreik sal in die vorm van kuier, oproepe en deernistake kan wees. Toerusting sal voorsien word.
4.3 Die gemeente het behoefte aan ’n persoon (of meer as een persoon) wat bereid sal wees om ’n Lentetee vir Vroue gedurende September te beplan en aan te bied.
4.4 Die gemeente het ’n behoefte aan ’n persoon (of meer as een persoon) wat bereid sal wees om ’n Kuiertee vir medegelowiges ouer as 80 jaar te beplan en aan te bied.

5. Erediensbediening
5.1 Die gemeente het behoefte aan mense wat hul musikale talente tydens die erediens kan aanwend, ten einde die gemeente se lof aan God te ondersteun. Individuele optredes, groepsoptrede, instrumentale optredes, selfs voordragte, sal met dankbaarheid beleef word.
5.2 Die gemeente het behoefte aan gelowiges wat bereid sal wees om tydens die erediens ’n kort getuienis (net ’n paar sinne) aangaande hul belewing van die Here se liefde te deel.

6. Bybelvespreiding
6.1 Die gemeente het ‘n behoefte aan ‘n persoon (of meer as een persoon) wat bereid sal wees om ’n Bybelverspreidingsuitreik na elk van die staats-laerskole in Bitou te loods. Die gedagte is om voor die einde van 2018 aan elke Graad 7-leerder ’n Bybel in sy moedertaal te skenk. Die Bybels is reeds ontvang en is gereed vir uitdeel. [Gedeeltelik gevul]

7. Nuwe idees

7.1 Die Wykskerkraad van Noorderkruis nooi graag alle gelowiges uit om inisiatief te neem om die bediening van die gemeente uit te brei – met nuwe idees en die deel van drome, sowel as nuwe idees vir fondsinsameling. Moet asseblief nie huiwer nie, alle voorstelle sal met entoesiasme aangehoor word.

Noorderkruis

Blog   Blog   Blog

Boodskappe

NG KERK PLETTENBERGBAAI